Beroepe in Drakeland

Loebi se familie se beroepe

Soos julle seker agterkom is Drakeplaneet deur die skrywer Martie Preller tot in die fynste besonderhede uitgewerk. Daar is altyd iets nuuts in die stories vir jou en jou kinders om te ontdek. Die familielede se beroepe is ingewerk in die stories en help so om jou kind se algemene kennis uit te brei.

So het elke gesinslid ook ‘n beroep. Hier is bietjie meer inligting oor watter werk elkeen in Loebi se familie doen.

 

Loebi se mamma:

Hier is Loebi by sy mamma terwyl sy besig is om boeke te merk. Ja! Jy het reg geraai, sy is ‘n juffrou.

Loebi se pappa

Loebi se pappa is ‘n werktuigkundige en jy sal hom gereed sien waar hy besig is om te werk aan een of ander voertuig. Hy maak egter gereeld tyd vir loebi en hier is Loebi se pappa besig om vir hom ‘n storie te lees.

 

Loebi se oupa

Loebi se oupa Loebibus is ‘n uitvinder. Hy het onder andere die telefoon, die vergootkyker en die Loebibuskyker uitgevind!

Loebi se ouma

Loebi se ouma Heidels is ‘n fotograaf. Jy sal haar amper nooit sonder ‘n kamera in die hand sien nie. (interessante feit: Ouma Heidels is vernoem na Heidi Fivaz die illustreerder van die Loebi reeks ūüôā

 

Ander beroepe/beroepsplekke wat lesers ook te√ękom in Drakeland:

Tannie Vissie se winkel (winkelier)

Oom Boepi en Tannie Lala se plaas, Boeplala (boer)

‘n Musikant

Juffrou Lila by Loebi se skool (kleuterskool en kleuterskool juffrou)

‘n Restaurant (die kelner)

Drakoteek( die drake se biblioteek)

Platpoot plattiepoot wat ‘n w√™reldreisiger is

 

Tema 6 van die Loebireeks dek die tema beroepe. In hierdie tema leer jou kind meer oor verskillende beroepe en indien jy die aktiwiteite ook aankoop word daar ook op ‘n speelse manier op die aanleer van beroepe gefokus.

Gaan hier na die verskillende ouderdomsgroepe van Tema 6:

0-2 jaar tema 6

2-3 jaar tema6

3-4 jaar tema 6

4-5 jaar tema 6

5-7 jaar tema 6

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *