Hoe dinge werk in Drakeland

Hoe is Drakeplaneet anders as die aarde?

Indien jy al enige van die Loebi stories gelees het sal jy agtergkom het dat Drakeplaneet so klein bietjie anders as die aarde is.

In die eerste plek is hulle tegnologies amper ‘n 100 jaar agter ons. Jy sal sien dat hulle nog glad nie rekenaars en selfone het nie. Alles lyk bietjie outyds daar. Inteendeel in die een storie het Loebi se oupa selfs die telefoon uitgevind! Is dit nie opwindend nie.

Hier is Loebi-hulle se kar propvol gepak, want hulle gaan op vakansie!

Soos jy kan sien lyk drake karre baie anders as ons s’n.

Drake dra nie klere soos ons nie, maar hulle hou van serpe. Hier vang Mamma vir Loebi uit waar hy met haar serpe gespeel het. Oeps!

 

Hier is hoe die drake se telefoon lyk…

Loebi hou daarvan om vir Mamma te help mieliekoekies bak. Vir die oond om te werk moet die vuursade aan die brand geblaas word. Hier mag loebi dit aan die brand blaas vir die eerste keer! Hy is baie opgewonde.

Drake hou BAIE van mielies. Hier is plat mieliekoekies wat Loebi en Mamma gebak het.

Daar is ook baie diere in drakeplaneet, maar hulle lyk effe anders as ons diere. Lees meer daaroor hierso!

Daar is nog baie verskille tussen die Drakeland en die aarde? Kan jy nog in die stories vind? Laat ons gerus weet in die comments hieronder.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Alle produkte in die winkel is elektroniese/aflaaibare produkte tensy spesifiek anders aangedui Dismiss